Description
AFK2604 Werkopdrag 3 Memo | Due 14 August 2025. All questions fully answered. Vraag 1 (5 punte)
1.1 Definieer die term “misdaad” met behulp van ’n sekondêre bron soos byvoorbeeld ’n woordeboek (die AFK2604-studiegids is nie in hierdie geval aanvaarbaar nie), en verduidelik waarom die idee van misdaad problematies kan wees in die konteks van ’n land soos Suid-Afrika. (3)
1.2 Gee die volledige bibliografiese inskrywing (volgens die Harvard-metode) vir die bron wat jy in vraag 1.1 gebruik het. Daar is addisionele riglyne oor die Harvard-bronverwysingsmetode op myModules beskikbaar. (2)
Subtotaal: Vraag 1: [5]
Vraag 2 (5 punte)
Doen navorsing (voer ’n internetsoektog uit) om die onderstaande vrae te beantwoord:
2.1 Aan watter universiteit het Deon Meyer ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns voltooi? (1)
2.2 Wat is die naam van sy studieleier? (1)
2.3 Watter een van Meyer se romans is as deel van dié meestersgraad geskryf? (1)
2.4 Wat is die titel van Meyer se MA-skripsie (die akademiese komponent van
sy meestersgraad)? (1)
2.5 Die opsomming van Meyer se skripsie lui as volg. Vul slegs die ontbrekende woorde in:
Die primêre doelstelling van hierdie werkstuk is dus om die __________ van die speur-/spanningsgenre op ’n praktiese manier te ondersoek en te analiseer – en na aanleiding daarvan ’n ewe pragmatiese, nuttige en breë
AFK2604-25-Y
__________ te ontwikkel wat van waarde kan wees vir (hopelik) leser en skrywer van dié genre. (Meyer 2005:3)
(2 x ½ = 1)
Subtotaal: Vraag 2: [5]
Vraag 3 (10 punte)
Lees die roman 13 uur deur Deon Meyer.
3.1 Skryf ’n refleksiewe opstel van ongeveer 750 woorde waarin jy jou indrukke van die roman weergee. Bespreek spesifiek die volgende aspekte:
Gee ’n kort opsomming van die verhaalgebeure (plot) in 13 uur (nie meer as 150 woorde nie). (4)
Met watter karakter in 13 uur identifiseer jy die sterkste, en waarom? Verwys na die karakter se optrede in die roman. (4)
Wat is volgens jou die mees spannende (suspenseful) toneel in 13 uur, en waarom? Gee die tersaaklike hoofstuknommer of bladsynommer. (4)
Wat is volgens jou die mees skokkende of ontstellende deel van 13 uur, en waarom? Gee ’n aanhaling uit die roman om jou antwoord te motiveer. (4)
Dink jy die gebeure in 13 uur is geloofwaardig? Waarom, of waarom nie? Gee spesifieke voorbeelde uit die roman om jou standpunt te staaf. (4)
Die opstel moet taalversorg word en moet bestaan uit logiese paragrawe en volsinne.
Subtotaal: Vraag 3: [20]
Vraag 4 (15 punte)
4.1 Noem die ses stappe van die klassieke speurverhaal soos deur John G. Cawelti (1976) uiteengesit. (6 x ½ = 3)
4.2 Pas die ses stappe van die klassieke speurverhaal toe op die Adam Barnard-storielyn in 13 uur. Met ander woorde, bespreek die Adam Barnard-storielyn in 13 uur aan die hand van Cawelti se ses verhaalstappe. Verskaf genoegsame voorbeelde om jou antwoord toe te lig. (6 x 2 = 12)
4.3 Hoe wyk die Adam Barnard-storielyn in 13 uur van die klassieke speurver-haalpatroon af? Verduidelik met behulp van voorbeelde uit die roman. (5)
Subtotaal: Vraag 4: [20]
TOTAAL: [50]
Reviews
There are no reviews yet.